syfers
drie, sewe en tien
drievoudig drie is nege
nege plus een is tien
drie plus sewe is tien
wat laat dit my sien
die eenvoud van lewe
binne ene opgesluit
maak modern data
open deure met
ene en nulle
ons op grondvlak
speel met ene, nulle
Hy op hoogste vlak
speel met drie, sewe
en veelvoude van tien
hoe groter ons ene en nulle raak
hoe beter dink ons is ons vandag
maar hoe kan die stoel ooit
die skrynwerker
wat hom uit niks
gemaak het,
leer hoe
© Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.