Jongste aktiwiteit:

Lewensdans

tussen die skerwe van herinneringe verdwyn
my kleindogtertjie ideale besmet
deur gebroke stiltes het die leuens geskyn
waar die waarheid oor my hartsbegeertes pirouette
verloor die lewe so tikkie van sy glans
elke keer as teleurstellings my laat gly
maak ek dit deel van my lewensdans
die kindwees in my breek vry
dans vertel my storie, dis my instrument
met die ritme van my hart omsoom
my wense vir ewig ingeprent
dit het als begin met ‘n droom

©Jessica Venter
18/9/2019
• Pirouette – dance term for rotation or spin – a complete turn of the body on one foot, on point or demi-pointe




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed