Jongste aktiwiteit:

Reënboog inspirasie

met elke sonsopkoms
blink hoop op die horison
as moedeloosheid my vreugde steel

musiek ewenaar die ritme van my hartklop
ek verloor myself tussen die lirieke
van my gunsteling songs

waar die see se deinings speel
skep my siel asem
dis waar ek tuis kom

langs die stilte van ‘n bosveldvuur
onder ‘n stergevulde maanligaand
omvou vrede my hart

maar my beste inspirasie
kry ek tussen my hartsmense
hulle verf my palet reënboogmooi
en maak my lewe die moeite werd

©Jessica Venter
5/9/2019




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • LT het n geregistreerde lid geword

  • Pierce het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Isha Welman het ‘n nuwe publikasie gemaak