Jongste aktiwiteit:

Sonnet vir my lentekind

Met winter se nadraai was jy hier;
betyds om die somer te bring
Jy’t die asveld vrolik met lente versier –
my hart het van liefde gesing.

Liefde wat diep geanker lê
wat nimmernooit sal vergaan;
meer as wat ek ooit wou hê,
meer as wat ekself verstaan.

Rondomtalie skoppelmaai
lag ons speels die tyd verby –
soos my wêreld om jou tiekiedraai
wentel jou welstand om my;

waar jy liefde volkome volmaak kan vind
soos myne vir jou my blommekind.

Vir my Mieke & Ivahné




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • LT het n geregistreerde lid geword

  • Pierce het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Isha Welman het ‘n nuwe publikasie gemaak