Foon gepleisterde mombakkies
ons gesiggies weerkaats soos spokies
wit vanuit agter ons skerms
te bang mens mis iets uit
sit ek vasgemessel aan my foon
plak tog net ‘n onsie op gesigblad
om my perfekte lewe in ander se bakkies te vryf
my oë trek skoon vierkantig
oor maroela media se skindernuus
van twee SAL vlugbeamptes
wat hoog tussen die walms vlieg
in hulle staal daggatuig
op hul gerookte trip na Hongkong
ons blompotregering
se kompos is vrot
en kruip ons anoniem weg
agter ons foon gepleisterde mombakkies
die verslawing van ons eeu
steel ons stem, steel ons tyd
©Jessica Venter
4/10/2019
• SAL – Suid-Afrikaanse Lugdiens
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
morne du preez
Mooi gepen Jessica.