rook
vandag draf woorde rook uit die lewenspad
elke dag se swoeg om te bly staan in jou eie baan
wysheid uit die eter is vandag se stellingswaarde
vra net maar vir oupa “Google” en sy botprofete
hulle sê: “almal sê” uit al die data vergader
by elke antwoord: “waar daar ‘n rokie is
moet daar ‘n vuurtjie iewers wees”
alles volg, na aanleiding van;
hierdie of daardie gebeure
kom die uitspraak dan
alles gebasseer op
die rook in die
dowwe
lewenslig
© Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.