Maatemmer
Sy staan op die trappie,
wag vir die lees van haar naam,
terwyl flitse deur haar gedagtes gaan
Wie hou van leer, jy moet jou kop laat lees.
Wie hou van gedigte, Tannie, dit is so uncool!
Daar is darem een wat sê sy het dit nou ontdek
en, Tannie dis net awesome! Daar is niemand wat
jou musieksmaak deel. Mense luister nie meer daarna,
ons vriende word verveel. En Shakespeare, man jy’s mal!
En jou opinie – hou jou in, jy maak alweer die mense kwaad.
Sy sweef liggies op ‘n wolk, maar moet net nie te veel wys, want
grootkop stuit jou voor die paradys. Blend tog net om vadersnaam!
Gemiddeld is die norm, want wat sal almal sê as mens te veel uitstaan –
jy sal geen vriende hê. Hou tog net ‘n demper op jou potensiaal en faal!
Sy loop versigtig tree vir tree, bang om voor dié gehoor osagtig neer te slaan
Hoogmoed op high heels kom mos voor die val, vrot vel ploeg is vernederend.
Vir die tweede keer kry sy ‘n MA-titel, maar nou in haar middeljare het sy besluit
te hel, sy is nie net ‘n moeder nie, en heldhaftig met ‘n hoë geleerde graad laat waai.
Die foto’s kom by die ander in ‘n boks, die papiere land maar weer net onder in ‘n laai.
© Charleine Collins 19 Desember 2018
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.