Jongste aktiwiteit:

Jong Liefde

Jong liefde is skoon
soos die veld na die reën
dit blom en dit lag,
dit verkwik die siel
en verbly elke hart
wat dit stil kan aanskou
en die wêreld lê oop
op die dubbelspoorpad
met die hande wat vat
vingers strengel tesaam
en die lag van die lewe
maak die steiltes gelyk
as twee mense se oë
deur één liefdesbril kyk…

© Anton Bosch 16/08/2017




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed