Jongste aktiwiteit:

Die Groot Seer

‘n Man beweer die liefde maak nie seer,
dis net maar die verwerping
wat die pyn bring
en die wonde rooi laat bloei…
maar as die liefde skoon verkeerdom
in jou hart loop lê
en jy die een wat nie aan jou behoort nie
teen die prikkels in wil hê
en jy jou bloedneus loop
en voel hoedat die bande knel
en lewe uitpers om ‘n hart
wat weerloos ongepantser
in jou borsklas fibruleer…
is dan die grenslyn tussen wit en swart
en feit en voel
die moeite werd om oor te spekuleer
of staan jy bloot ontdaan teen hierdie
onverwagte sielsvernietigende
helse seer?

© Anton Bosch 07/06/2017




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Anze het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • MC Horak het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • MC Horak het ‘n nuwe publikasie gemaak