Jongste aktiwiteit:

Is daar sein daar in die Hemel?

Is daar sein daar in die Hemel?
Sal ek jou kan bel?
En as jy dan sou antwoord
sou jy my kon vertel
dat jy my baie liefhet?

Of sou jy ander nuus hê
van die goue strate
en die see van blou Kristal,
Van die stad met baie poorte
‘n volle twaalf is hul getal.

En wag jy by die Oos-poort,
die middelste van drie,
of maak dit nie meer saak nie
want almal buig die knie
voor Hom wat op die troon sit
ons God die Een-in-Drie.

Het jy my plek gesien daar
of weet jy dit nog nie?
Is daardie boek gesluit nog
wat Johannes van vertel
waar alles in geskryf staan
ons name uitgespel?

Sal ons twee saam vertoewe
met die menigte wat drink
van die strome lewenswater
uit Sy troon vir ons geskink
waar ons nooit weer sal vermoei nie?

So, as daar sein is in die Hemel
en ek jou van hier kon bel,
en as jy my oproep
dan sou antwoord,
wat sou jy my dan vertel?

© Anton Bosch 10/07/2017




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed