Jongste aktiwiteit:

‘n Geharde boom

Ek wens dat ek
soos ‘n boom
kan stilstaan in stil getuie
en sweef tussen planete

Met wortels so diep
dat geen orkaan my kan omwaai
wat in die skemer herinneringe kon oproep
en sag oor my droë blare kon streel

Waar die wind amper onhoorbaar
daardeur raas
splinters maanlig val deur die takkies
en met my vingerpunte daaraan kon raak

Waar ek voortdurend kon droom
en deur die winterkoue
nog steeds die warm sonlig kon voel
die sekuriteit en beskerming
van ‘n diepblou wolklose hemel wat om my vou




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed