Jongste aktiwiteit:

oorgang (Goud)

en Vrou Herfs

besef dat sy uiteindelik

in besit geneem sal word

deur die winter se nypende greep

 

daarom gooi sy haar kasdeure wyd-oop

sy seën die aarde met tuimelende blare

sy stoot haar soel genade-asem oor die landskappe

 

haar vloeiende kleurskakerings soggens en saans

giet sy met stoïsynse presisie

en die bome seën sy een-een met vlindersagte hand

 

totdat sy oplaas stilweg en onseremonieel

verswelg sal word deur

die winterkas se ysige ruimtes

 

© Elmarie Nienaber Van Kampen, 2026




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed