Hoe doen jy dit?
Jy draai tyd om jou vingers –
s-t-a-a-r
na die blinkkant van my spore;
in jou oseaan oë is ek vir ewig verlore
s-a-g-g-i-e-s
streel jou vingerpunte oor my hart
jy fluister my winde wakker
en staar weer
na die naak-kant van my siel
my hand styf in joune
gee ek oor
terwyl jou fluweel soene
soos dou deur my drup.
Hoe doen jy dit
terwyl jy s-t-a-a-r
na my hart wat in jou hande klop.
© 2017 Caren Kearley
Kopiereg voorbehou
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.