Jongste aktiwiteit:

Dis die rede

Dis die rede

Meteens vee sy haar skaduwee
oor die oog van die reënboog
kaleidoskopiese kleure skeur deur haar;
goudgeel saffier vou om haar sielswoud.

Glansryk sal sy dans vir nog ‘n kans
dag en nag baklei vir lewensprag
verkennend deur die weg van goed en sleg
net om te stol op die wolk van haar wegholson.

In ‘n magiese kaal oomblik van waansin
w-e-e-t sy, sý leef, sweef en kleef
aan die skoppelmaai van haar eie oordeelswaai
hiérdie wentelbaan is gebaar net vir haar.

© 2017 Caren Kearley
Kopiereg Voorbehou




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed