Aardse Engele
Aardse Engele
(opgedra aan Ian en Annetjie Keys)
Toe swaarkry en hartseer my lewe kom kruis,
Was my pad vorentoe gevul met kleilat se grys.
Het ek in my wanmoed met skaamte neergesak,
Was my gemoed gal, bitter en swak.
Kom aardse engele, getooi as mens,
Kom vervul hul my hart se enigste wens,
Om my kinders ‘n waardige lewe te bied,
Om kinderjare normaal as moontlik te laat geskiet.
Voed hul ons honger, bied hul ‘n plek om te woon,
Kom was engele die swaarkry weer amper skoon.
Omvou met die liefde en omgee so trou,
Wat gehelp het om weer aan ons toekoms te bou.
Hoe sê mens dankie, hoe betaal jy terug,
Hulle wat jou swaarkry help oorbrug.
In dankbaarheid en eerbied sal ek bly staan,
Oor Aardse engele wat loop in my lewe se baan.
Paula Paxton©
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.