Plaas vreugde
Swaar hang die reuk van vlaktes en stof,
In my neusholtes ingepof.
‘n Anderse gevoel, as wat heers in stede,
‘n Smaak van genoegdheid, omring met vrede.
Vroegoggend dou met ryp gestrooi oor gras,
Wat met loop onder voete kragerig kras.
Terwyl diep asemteue jou longe verfris,
En dagbreek se son jou voorkop kus.
Sal jakkels se geroep in die sonsondergang,
Klein gediertes laat skarrel van vrees en bang.
En sterre deur die nagruim lek,
Elk opsoek na ‘n skitterplek.
Sal ek op my stoep met my boeretroos sit,
Terwyl die erdepot verwoed op die kole prut,
En ek my verlustig in lewe op die plaas,
Waar ek na werkure se geswoeg kan haas.
Paula Paxton ©
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.