
besef
diep onder my duin
lê daar rotse begrawe
vorm van baai se bakmaat
rotsbanke millenniums oud
geskep en geskaaf deur
eeue se skeppingstyd
vas en tog tydelik
wind en weer
verskuif alles
met tyd
lê my
norme
waardesisteem
ook vas, of lê dit
op eeue se modder
gevorm deur een leuen
op ‘n ander tot leuens
die waarheid word
wie sal weet
wie sal kan staan
voor die regterstoel
van Waarheid
self
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.