seeland
ver oor rollende landskap
verskyn daar skimme van blou berge
van hier op my duin, sien ek die seeland
van ons eie weskus-land
die seeland van riviere
van hoë duine
tot aan die voet
van die verre berge
oor my baai kom musiek
van die golwe wat druisend
hul ewige lied sing en dans
soos die seeland van
Pais des trois lacs
wurm die Bergrivier
uit die Franchhoek berge
deur die Bergrivierdam naby
Franschhoek, tot dit uitmond
in die see by Velddrif
so lewe my herinneringe
vanuit die Soutpansberge
oor die wye Springbokvlakte
die Hoëveld, Pretoria, oor die Vaal
na die Weskus, en St Helenabaai
waar dit rustend op sy duin
wag op die ewige rus
© Tearlach.
Pays des trois lacs) is a region in Switzerland, at the south-eastern foot of the mountain range of the Jura Mountains containing the 3 Lakes of Morat, Neuchâtel, and Bienne (Biel).)
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.