
skyn
agter wolke skuil die son
oranje-rooi verkleur sonstrale
die uitspansel oor my duine
duine wat aanstons ontplof
in multikleurige blommeprag
uit Hoër Hand se kwas
altyd teenwoordig maar versteek
agter oggend klanke van voertuie
mense wat pot-en-pan ontbyt maak
teenwoordig agter eerste-koffie klank
so skyn golwe se geruis deur wolke
van klanke en filtreer dit in my ore
agter die skyn van politieke vrede
skuil daar vandag soos nooit tevore
duiwelsmagte van gierige geweld
politiese magsvergrype ongekend
laat My skape wei onder oorlogswolke
wyl skynheilige satanistiese mag heers
geloof, hoop en liefde in Sy Lig en Waarheid
wat soos sonstrale deur alle wolke breek
© Tearlach.
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae vir Julie 2025 – OOP (Skaduwee van tyd) projek