Jongste aktiwiteit:

Stilte tussen die duine

Stilte tussen duine

Deur: Ryno du Plessis

Winde het gewaai, gekerf aan elke duin.

Silwer afgewerk lê die nag uitgestrek.

So beskore, ietwat verlore —stilte tussen duine.

Kampvuur klein, skep sy atmosfeer hier in die duine-see.

Miswolke oorrompel die maan, stadig maar seker,voorsien nou water aan woestynbewoners.

So besonders, die stille nag.

Om my vuurtjie hou ek wag. Môre bring ’n nuwe dag.

© 2026 Ryno du Plessis




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed