
vind
soek en jy sal vind
kry jy waarna jy soek
digter jy soek en soek
daardie onbereikbare
immergroen vers
wat maar nooit
verskyn
woorde wat tref
insigte oorgedra
digter bereik jou doel
daardie ontmoeting
van geesgenote
binne woorde
gedagtes
lewenswaarhede
“o koud is die windjie, en skraal”
priemgedagtes vertel verhaal
digter se inherente wese
ontbloot op bitterkoue
sneeu van sy lewe
© Tearlach.
(Apologie aan: Eugène Marais – Winternag)
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
BernadetteOlivier
Dis pragtig neergepen! Mooi saamgevat hoekom ek skryf!