Jongste aktiwiteit:

vry

 

“Niemand is so hopeloos verslaaf soos diegene wat valslik glo dat hulle vry is nie. Die waarheid kom uit die diepte van hul gedagtes gehou deur meesters wat hulle met leuens regeer. Hulle word gevoed met valshede totdat verkeerd soos reg in hul oë lyk.”

“Johann Wolfgang von Goethe”

 

my duin is ‘n slagveld

my gees veg met die oormag

‘n oormag van halwe waarhede

wat hom oorspoel met elke golf

selfs in fynste detail is dit beplan

rou sielkundige oorlogvoering

soos nooit tevore gevind

 

elke mooi waarheid

het vandag se leuen geword

elke mooi waarde en norm verguis

alles wat was as sleg afgemaak

wat wit was soos sneeu

nou pik-giet-swart

in smart

 

laat jou ja, ja wees

wees nie bevrees in jou hart

daar ver onder alles, is geplant

die ware waarheid en murg-stand

dwarsdeur al die riële leuenparadys

sal jou ruggraat, kop vier en regop

weer trots verreis

 

© Tearlach.

 

 

 

 




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed