Vyf klippies en geloof
Vyf Klippies en Geloof
Deur Ryno du Plessis
Soos ’n reus, staan my vrees.
Skuld wat buld, geluk wat sink.
Klein was Dawid, groot sy geloof.
’N Oorlog gewen het God beloof.
Vyf klippies in sy sak, gee hy die reus ’n pak.
Op my knieë sal ek sak, U vertrou met hierdie saak.
Soos Dawid in geloof, het U vryheid aan my beloof.
Geen donker denke kan my meer beroof.
Dankie, Heer, weer ’n keer. Vandag kan ek sing, want steeds is U in beheer.
© Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.