Jongste aktiwiteit:

Droom Ballerina

Liewe maan, wie sal verstaan?

Pienk vetervlegsels en wit satyn.
Saggies dartel ek in Mozart melodieë;
verloor my
in die glybaan
van jou dansvloer.
Swaai ek en draai ek op die goue klank
van jou middernag maanskyn.

Geslote oë verberg die seer in my.
Ek voel die sysagte vingers van jou silwer strale oor my speel;
Hoor jou troos…
saggies in my hart.

Jy kyk met hartseer oë op vanaf die poel waarin jy lê.

Draaikolk ballerina
met voete van klei

My droom lê aan skerwe;
Verdwyn met die rippels
in die gebreekte spieëlbeeld van die maan.
****
Liewe maan.
Wie sal verstaan.




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed