GLIMLAG VAN VERF
GLIMLAG VAN VERF
Omdat my mond onbevange skaterlag.
En my stem vou om die woorde van ñ oorwinningslied.
Kan jy nie glo my hart is stukkend geskeur.
Omdat ek al so lank my pyn weggesluit hou binne-in my hart.
Omdat my mond wyd is met ñ glimlag van verf; hoor jy nie my innerlike kreet.
En omdat my voete gesalf is in dans…
…..Weet jy nie ek is besig om te sterf….
Kyk mooi na jouself, liewe Bokkie my babie; en mag ñ flikker-flonker ster vandag in jou hart verskiet…..
©Liza Daniells
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.