Kuil van leeus en drake
Kuil van Leeus en Drake
Deur Ryno du Plessis
Ek onthou vir Daniël in die kuil. Die verhaal laat my huil.
Hier staan ek vandag in ’n ander kuil.
Was dit tog maar leeus, sou ek eerder plekke wou ruil.
Here, in ’n kuil van wrede tonge en skinder sit ek gevange.
Erger as leeus vreet hulle my van binne.
Daniël het die mens van U geleer. Ek is nog besig om te leer.
Oor verkeerde dade het ek hier beland, ongeag my pad wat ek nou met U wel stap.
Here, snoer hierdie drake se bekke soos Daniël se leeus.
Kom haal my uit, sodat ek ook kan getuig.
© Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.