
EELTE
eelte op my hande
verkleur van rooi na wit
terwyl mielie lande verkrag lê in die son
en Jesebel Judas woorde
op my wang kom kus
eelte op my hande
en moeg opstaan my onderkry
terwyl ek deur die kroeg se venster uitkyk
en die kerk sy deure 12 uur sluit
en nog ‘n bier op die toonbank wag
…ek los hom daar
die laaste half gedrinkte bier
soek my kar se sleutels
praat met my dom-stom hande
en sak op my knieë neer
…eelte op my knieë
weeg my op die goed of sleg weegskaal
en help my opstaan
sodat ek môre weer met genade kan opstaan
en die Kruishout gade slaan
en my sondes vergewe word
deur die Man wat die kruis moes dra
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.