My Hart, Getroue Metgesel
My Hart, Getroue Metgesel
In hierdie kort aardse intermezzo
tussen geboorte en sterwe is my
hart my getroue lewensmetgesel en
het deur dik en dun my lojaal onderskraag—
Baie jare het gekom en gegaan elk met
vier seisoene en gewasse na eie aard met
volop reën en groot oeste,
droogtes en misoeste,
maar ek en my getroue metgesel het al die
vreugde en verdriet saam deurleef hy het
my nooit verlaat en in die steek gelaat nie—
Sy hartklop is my lewensobligato en sy
tempo altyd egalig nooit temperamenteel nie—
Ons het al die gedeelde tye en emosies tot
daardie dag en oomblik van gedwonge
adieu —
Janetta – Helena [Babs]©
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.