Jongste aktiwiteit:

Son’soen

Die dag gaap oopmond
deur die skimmels
van die nag
druppel sy blink
oor die laaste
stukkies sag

die son val geel
oor die roerlose klip
in gister se fynbos se drup

soos koel glas
teen my wang
voel hierdie “terug”
in die breekskelet
van ‘n droom vasgevang

soet lug
vars lug
geel son
heel son
maak oggend heel
raak ou drome
oor die liefde
weer geel




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Wilma het n geregistreerde lid geword

  • Carlien Lid se profiel foto het verander

  • Christa D het ‘n nuwe publikasie gemaak