Tweespalt
Tweespalt.
As ek sê
ek het jou lief
is dit nie bloot net
ek hou so baie van jou nie—
As ek sê
dat ek jou haat
is dit nie bloot net
ek hou nie so baie van jou nie,
want jy het lief met ‘n passie
en jy haat met ‘n passie
so kom daar dan tweespalt
en die twee ekstreme pole
nie tot ‘n vergelyk eskaleer dit
tot ‘n vete tussen families wat
geslagte lank woed en niemand
later rêrig weet hoekom nie, en
die nageslagte net hul koppe skud
ai die oumense darem as hulle
liefies vir mekaar openlik sê:
Ek het jou lief—
Janetta – Helena [Babs]©
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.