EGGOS IN DIE VALLEI
Die son se wakker word uitstrek oefeninge
trek met bewerige vingers
oor die mos teen die Suider hange van die kranse
en stuur ‘n rugsakkie hittegolwe
op die abba rug van die dag
waar dit onder die nag se wolkombers uitrol
Ek wag totdat die mis
op die nag se oumens neusbrug lees lense
onder die sweetlappie van die oggendson verdwyn
en die eggo’s in die vallei
vir my ‘n nuwe liedjie sing
Ek luister na die nuwe dag se Judas woorde
hoor hoe die kinders se onskuldig laggies
eggo deur die sitrusbome in die Gamtoos vallei
en draai dan weg
om my nag se rondloop gedagtes skoene
onder die dag se verebed vir eers te gaan bêre
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.