Jongste aktiwiteit:

GOIINGSAKKE IN DIE WIND

My lewe wees se goiingsak
fladder vandag agter die ploegskare van die wind
se vingers aan flarde
terwyl ek hande viervoet rondkruip
om die beloftes van my lewens groen saad korrels op te tel
en te bêre in die hoekie van my verweerde lewens goiingsak

Die wind se kinders ruk en pluk
en spoeg maergat tooisels goiingsakke op my pad
om my met beloftes te verlei
langs die N1 van my hart se bêre plekke
waar ek die groen saad bêre vir ‘n nuwe lewens goiingsak

Goiingsakke in die wind
flardes repe menswees wat dans op die wind se vingers
vas gewaai teen die lewens doringdraad se heinings
en ‘n pakkie goiingsak groen sade
wat gebêre word vir môre




Gebore by die see, verlief geraak op die berge / platteland en woon nou in die Vrystaat saam met my vrou Charmaine en 11 maande dogter Katelyn. Was deel van WOES se eerste bundle uitgawe van 2008 onder my tweede naam Gerhard. Vroeg "afgetreë" en hou myself besig met my "kunswerke". Werk ook deeltyds aan my eerste digbundel. Alle hulp en raad sal goud werd wees ...Ag en dan die legal ding: alle regte word voorbehou op geplaaste werke

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • MVvW het n geregistreerde lid geword

  • Arnold het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Arnold het ‘n nuwe publikasie gemaak