Waar woorde rus.
Waar woorde rus
Harde woorde in my kop, raak stil in my pen, kom vind rus, hier op papier.
Woorde kom by, ñ sin word voltooi, stilte begin raak mooi.
Verse vloei, ek raak geboei aan hierdie woorde wat groei.
My pen gaan, lê die woorde staan op.
Met nuwe stem praat woorde nou in sinne met my siel.
Hier waar woorde rus, raak ek gerus. Vind ñ nuwe skeping wat harde woorde blus.
Deur: Ryno du Plessis
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.