Ek het ‘n engel gesien
Vandag het ek ‘n engel gesien
Die tiepe meisie
Wat net hemel verdien
Groen oë, bybelversie mooi
Hare soos ‘n waterval
En wangetjies bloedrooi
Sy stap toe na my
Dis asof sy sweef
vir ‘n oomblik wens ek sy stap verby
Ewe skielik, skoenlappersag
Begin sy sing met ‘n stem
wat mens van ‘n engel kan verwag
Sy raak my toe aan
Vir ‘n oomblik
Het my hart gaan staan
Haar lippe nou só naby
Dat ek diep moet grou
Om bietjie moed bymekaar te kry
Net voor ek haar soen,
‘N klap teen die kop
Nou sit ek weer aleen in die klas
Met ‘n hart wat vinnig klop
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
hehe, ek hou sommer baie van die ritme van hierdie gedig.. dis pragtig en lig gepen!