Oosweer
Somer en sand het saam
op die wind ingewaai
en winter laat sweet
met swem en sonbaai
toe die stof gaan lê
het die wind huilend
verdwyn in die weste
en toe sak die somer
stadig saam die son
wyl die winter weer
klim oor die horison
2 Kommentare
-
Kiekies
Jy laat my voorwaar uitsien na die wonderlike somer waarvan jy hier praat!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Winter nostalgie projek