Woeste 40 jaar
Woeste Veertig Jaar
Deur Ryno du Plessis
Moses vat die pad na die Beloofde Land, honger en dors, veertig jaar.
Geloof moes hul bou, vertroue moes hul aan klou.
Hoe het hul dit oorleef?’n styd om te beleef.
Hier op my eie lewenspad, stap ek deur ander sand van die woestyn.
Israeliete kon mekaar seker dra, vandag moet ons mekaar verdra.
Hier vandag, stap elkeen maar hul eie pad tot wie weet waar.
Here, leer ons weer om saam te staan, te dra op hierdie lewensbaan.
Lei ons met U lig, O Heer, onder hierdie donkerwolk, in die lewenswoestyn.
© Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.