Sorrie
“Ek vra: Het djy maskien passeerde nag
die dood se pêrre ingewag
dat djy vandag so dikbek hang?
Want hoekom is djou lip so styf getrêk
soos styfgespanne voëltjiesrêk
of waterskilpadvasbytbêk?”
(…Ek siet die grafnismense loep ve’by in Winkelstraat,
hoor hoe gladbêk hulle oor die vrou wat dood is praat
en elle’s kweel ‘n tjind oor Tata wat hom dood wil slaat;
siet hoe maak die opslaatstof dwarrels onner elke skoen
wat haastig –soos die dood soms self!- in hênsop hul versoen
en slof-slof afgeleef, gewoon geword, die stoet meedoen…)
“Djy antwoord nie my uitvra oor jou dikbêkgyt?
Sieker omdlat djy in eige selfverniekte stilligheid
djouself verwonner orie opdam van ons sondigheid..
“Haai rêrig? Sorrie, êk’t nout gawiet sy ken vir djou!
Djy sêg djul’s nie genam, sy was wetiglik djou vrou?”
(Ja, so leer mens om eerder bêk oor anner toe te hou…)
“En nou, soos êk, sal djy ook maar moet sit met djou se dagligbang
wat ons hier noem die stiltraphartseer wat maa’ almal vang…”
6 Kommentare
-
Kiekies
Briljant!!!
-
borrels
Pragtig ... slotstrofe is my gunsteling!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Ek staan stil.. PUIK!!!