Hardekool
statig
onder skelle Bosveldson
staan jy in trotse saluut
met kroon in eerbied gebuig
blare wat fyntjies na vlieswolke loer
‘wyl tak-arms malvalekker-wolke
in liefde streel
grondlangs
kruip grasspriet wyd
in die Heer se genade
om rante van wild se voetval pad
in gebed te omsoom
© Anzé Bezuidenhout
10 Kommentare
-
-

Arnold
Die bosveld het nou maar net sy eie unike bekoring om die mens te fasineer.
-

Kiekies
Ja ek hou hiervan! Ook van die skildery.
-

Viooltjie
Goeie beskrywing van die Bosveldtoneel, Anze :-)
-

Palet
'n Boom met die dikste en swaarste hout... in die wӗreld. .mooi gedig
-

Ronel Janse van Vuuren
Mooi gepen. Hou van die skildery :-)
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
neels
Elke gedig van jou is n meesterwerk soos hierdie een weereens jou talent uitstraal