Ons land brand
Die vlerke flap fladder-fladder,
terwyl spiere oor vlerkspan
in harmonie saamwerk,
om so, deur die lug te trek.
Die lug stroom, asof in droom
om vaart belynde vorm en
‘n mossie swiep vinnig verby
om seerkry te vermy,
maar in jou kyk is waar die aarde
in veelkleur resoneer
wagtend met asem…opgehou
vir die oomblik wat jy land.
Jy staar deur die rook na benede
met geen plek om jou pote te sit.
Onophoudelik sweef jy tussen vure
wat ons land verbrand.
Die vrae eggo in my brein
oor agtergeblewe, verontreg en kleur
wat nog steeds ons land regeer
en almal se mores swart inkleur.
Vrede, begrip en aanvaarding
is ‘n onoorkombare gebrek,
waarvan die impak se kring
nog baie jare gaan strek.
4 Kommentare
-
-
Anze
Jy het die huidige situasie so goed neergepen. Puik gedig Woordwewer
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Viooltjie
Goed geskryf, woorwewer. In jou laaste strofe het jy presies aangedui waar die probleem le, en hoe moeilik dit is om hierdie probleme op te los :-)