Jongste aktiwiteit:

‘n Gedagte weg

Ek is jammer jyt vergeet hoe liefde voel
Ek is jammer dat ‘n dag so seer kan wees
Ek is jammer jy moes soveel aande skree-bid en sonder antwoorde jouself aan die slaap huil

Ek wil he jy moet sterk staan
En als onthou wat ek jou geleer het
Anders was my tyd saam jou vir niks

Onthou die glimlaggies
En die goeie tye
Maar, belangrikste van als, onthou die seer
En dit wat dit jou geleer het

Ek is hier, net ‘n gedagte weg
Ek droom nog oor jou
En alles wat ek en God nog altyd geweet het jy kan wees

Ons sit hier en giggle oor jou foute
En hoe jy dink dit maak dat ons teleurgesteld is
En ons glimlag trots oor wie jy besig is om te word

Ek mis jou
Pas jouself op

Ek sien jou eendag weer




7 Kommentare

  • borrels

    Dis seer ... maar baie mooi vir my

  • Anze

    dan wonder mens.. waarom moet mens se paaie soms skei?? .. seer gedig maar mooi gepen

  • Kiekies

    Ag man, dis mooi!!

  • Koekekranka

    Die hoekoms en die waaroms spantou ons mos maar alewig. Tog bly die hoop steeds vlam, nie waar nie?

  • Palet

    Hou baie hiervan...

  • Evelyn van der Merwe

    Hunkering en teleurstelling mooi hier vasgepen en dalk net dalk eendag weer..........

  • Inkmoderator

    Niel, ek help gou dan kyk ons of ons die vers so effe meer ritmies en woordekonomies kan kry. Myne is nét voorstelle en jy kan dit gebruik al dan nie. Ek is jammer jy't vergeet hoe liefde voel; jammer dat ‘n dag so seer kan wees, jammer jy moes soveel aande skree-bid en sonder antwoorde jouself aan die slaap moes huil. Ek wil hê jy moet sterk wees; als onthou wat ek jou geleer het, anders was my tyd saam jou vermors. Onthou die glimlaggies; die goeie tye. meeste van als, onthou die les van dit wat die seer jou geleer het. Ek is hier, net ‘n gedagte weg; droom nog van jou oor alles wat ek (én God) nog altyd geweet het jy kan wees. Ons sit hier en giggel oor jou foute; hoe jy dink dit maak vir teleurstelling maar eintlik trots is oor wie jy besig is om te word. Ek mis jou; pas jouself op. Ek sien jou eendag weer. Ek het so bietjie aan die konstruksie gekrap en beitel en sou graag wou hoor wat jy van die voorstelle dink. Groete

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed