Jongste aktiwiteit:

Alice ek Alice

Daagliks
s  t  a  a  r    ek
af in die haasgat
na n wonderlike wêreld
wat letterlik meer sin maak
met elke tik van die klok

Die aarde staan
op sy kop
en alles
is  t o t a a l   opgekrok
met n hoofletter F
wat tyd klief

Tik vir tik
stap tyd uit
en ons leef ons lewe
gesluit
in verlede tyd
met verwyt

Die val neem lank
S l u k die tonikum
om te krimp tot niks
voor ander se sien
terwyl ek wonder
oor drome wat waar word…miskien




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed