Beste vriend
Beste vriend
Onder in die straat, half versuip, kruip jy weg. Bibberend koud, kan ek onthou.
Weer was swaar, jy was bang vir die reën. Voersek!’ skree die man by die agterdeur.
Hier sit ek en jy jare later, op die selfde plek.
Vandag vra jy weer “Oubaas, wat makeer?”
Wanneer sal ons as mens tog leer, jy bly ons beste vriend.
Maak nie saak al die wraak van vloek en skel. Soveel keer skop en skree.
Steeds stap jy saam elke tree.
Jou ljefde het geen preke. Jy los wel oral jou merke.
Deur: Ryno du Plessis
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.