Jongste aktiwiteit:

deur die storm (goud)

deur die storm

die storm se stem breek en lig verrys
helder strome laat weer lewe ontspring
uit donker chaos word die wêreld wys

bome fluister sag wanneer hul laag buig
als asem die geur in wat reën bring
die storm se stem breek en lig verrys

’n reënboog koepel oor stil oewers
grasvelde laat bokke uitbundig spring
uit donker chaos word die wêreld wys

’n rivier klop ritmies in sy klipreis
sy stem sagter soos vanuit ’n droomkring
die storm se stem breek en lig verrys

waar skadu’s was kom blomme as bewys
die aarde self begin ’n loflied sing
uit donker chaos word die wêreld wys

mens en dier vind rus in die nuwe tyd
wind bring musiek wat ore binnedring
die storm se stem breek en lig verrys
uit donker chaos word die wêreld wys

© Hester Steenkamp, 2025




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed