Jongste aktiwiteit:

Die motdood

Engele opgestop in ‘n katot
op die kaai se suiderkant
waar die lyke yl roep
en die winde goël

Die maagde ontbloot hul silhoeëtte op die skavot
rum tingel ‘n ou vaal blues kitaar
die kaptein met sy een-oog staar
swets oor die donker abissaal

Troe-ba-doe, Troe-ba-doe, Tra-la-la, Tra-la-la
sing die kardoes luidkeels:
“moré lê ons wakker in die kooi”
“moré lê ons langs ‘n nooi”

Die bodega lê vol liefde
en van gister se kreune
op die suide van die kaai
bodder maagde oor hul fooitjies

Duskant net ‘n bietjie suider
suiwer die diep blou oseaan
sy lippe aan die skuim van die maan
wie wil oor sy branders breek

Soldate het hul vrouens vergeet
en kleintjie het nie sy vaartjie
waar die fok breek
sal die abissaal hul name onthou

Voor die vuurtoring kon jy nog hoor
die maagde, die vroue en keintjies almal seewaarts beknies
die kardoes wat terug troebadoe
en dan diep diep onder die abissaal die kaptein wat swets

Soos mot vir die vlam
so die vrou die kind die man
‘n katarsis, in ‘n idille
motdood!

©Morné du Preez




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed