Volmaakte eenvoud
In jou volmaakte
eenvoud
lê jou skoonheid
vasgevang
deur Meesterhand
het Hy
een enkel
lower boompie
in hierdie dorre aarde
geplant
speel die
skadu en die lig
van die rooi duin
agter jou rug
as die Namib son
bedags jou brand
die maan snags
om die duin se kant
skalks
na jou loer
as die wind
die sand
r i f f e l s
duin-op jaag
fluister jy sag
jou dank
vir verkwikking
na ‘n snikhete dag . . .
©Marsofine Krynauw
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.