Elke huis dra sy kruis
Elke huis dra sy kruis
Oral waar jy mag gaan, kom die woorde ” Dit gaan goed” Al is dit ook net onder omstandighede.
Teen ons beterwete, dra elke huis sy eie kruis. Verhoed die vrae wat dalk mag volg.
Oor reën en weer kan ons gesels , hitte van die son red n gesprek keer op keer.
Met of sonder geld, moet almal wel die prys betaal. Die lewe laat-niemand onbepaald.
Padlangs leer ken ons mense en hul wense. Verborge seer, probeer almal keer.
Al praat oë hul eie taal.
Deur: Ryno du Plessis
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.