Hart stilstand
Elke oggend wil my hart gaan staan,
dis leeg, jy is nie meer langsaan.
Die pyn skiet deur my,
vrae hoekom ons nie genoeg was om te bly.
Die nagmerrie begin as my oë oopgaan,
die dag lê swaar voor my uitgebaan.
My asemhaling stop.
My longe en hart gee heeltemal op…
Dan warm klein handjies ruk my terug,
net voor ek heeltemal van myself vlug.
Klein lyfies klouter oor my,
en ek voel hoe ek asem kry.
My rede dat ek opstaan
dat ek aangaan.
Maak nie saak hoeveel keer my hart wil ingee
ek sal nooit opgee.
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae vir FEBRUARIE 2026 – OOP projek