Jongste aktiwiteit:

Woestyn

skynbaar leeg en Godsverlate
strek jou wye bruinkombers
van hoek tot horisonkant
en in sandkorrelstrate
net enkel dier en plant
wat stadige aksie roer

maar moenie uit gedagte verloor
Hy het jou met Sy skilderhand
neergepen en fyn beplan
sodat elkeen met sandvoetspoor
jou skoonheid en bekoring
netjies in geheuebank stoor

slegs enkele druppels
uit Sy bloubeker gegiet
laat jou telkens weer lewe
en elk’ dooie dor plant
pronk in prag en praal
in son se snikheetstraal

wielspinnekop, gallop
rondomtalie teen helling af
as koggelmander kug
waar hy tweepoot poseer
op enkele ronde rots
uit sy borsie ’n welkom’ sug




Ek skryf om leeg te word van wêreldse struikelblokke en voller te word met die talent wat my Skepper aan my toevertrou het. So glo ek dat mens tree vir tree en woord vir woord eendag weer oorwinning sal behaal.

4 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed