Jongste aktiwiteit:

Praat met my

Ek vra – roep uit, ek soek na jou!
Ek is verewig en altyd met jou!
Is die belofte ooit die waarheid
of is dit net wensdenkery?

Dit was van korte duur, o so kort,
jou liefde het geblom, jy was vry
‘n vlinder wat in die wind sweef.
Waar het jy heen verdwyn?

Het ek dalk gewankel in my weë?
As die son alles rondom verskroei
dan is dit jy wat my staande hou.
Hoe sal ek dan jou liefde verraai?

Praat met my dat ek kan verstaan
want die pyn verteer my stadig,
verlange en hartseer sny diep,
twyfel verstrengel selfvertroue.

24/05/2016 © C. du Plessis




Ek wou nog altyd skryf en het uiteindelik laas jaar 'n bundel uitgebring. Ek bedink nie spesifiek 'n skrywe nie, dit kom spontaan en op ingewing van die oomblik. Ek sal enige kommentaar, sleg of goed, aanvaar met ope arms.

5 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed