Jongste aktiwiteit:

Jou naam is Lente

Jou naam is Lente

daar is lente in jou geur
en in die roer van elke omdraai van jou lyf
daar is lente in jou son
en in die some van die lyne in jou vel

daar is lente in jou lag
en in die wieke van geheime in jou siel
daar is lente in jou wyses
en in die ritme van die nadraai van jou pad

daar is lente op jou lippe
en in die heuning in die hoeke van jou mond
daar is lente in jou roep
en in die eggos van die klanke in jou sang

daar is lente op jou voorstoep
en lente waar jy gaan
…en daar’s laat lente
In die wysheid van jou naam!




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • HENN het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Anze en Profiel foto van inkhoringinkhoring is nou vriende

  • HENN het ‘n nuwe publikasie gemaak